Stebian van der Walt
ORGANISEERDER
svanderwalt@hsmerensky.co.za
Vicky Esterhuizen
AFRIGTER
Christian Liebenberg
AFRIGTER
KOVSIE SMASH T20 TOERNOOI IN BLOEMFONTEIN
WEDSTRYD 1: MERENSKY 1 VS BETHLEHEM VOORTREKKER 1
Merensky kolf eerste en teken 94/8 in 20 boulbeurte aan. Bethlehem Voortrekker teken 95/4 in 17.4 beurte aan.
Bethlehem Voortrekker wen die wedstryd met 6 paaltjies.
UITSTAANDE PRESTASIES
Met die kolf:
Xander Schoeman teken 18 lopies van 32 balle aan.
Waldo Mouton teken 12 lopies van 11 balle aan.
Met die bal:
Wean Kruger neem 2 paaltjies vir 16 lopies.
Cashan Jacobsz neem 1 paaltjie vir 18 lopies.
Xander Schoeman neem 1 paaltjie vir 23 lopies.
WEDSTRYD 2: MERENSKY 1 VS OVERVAAL 1
Merensky kolf eerste en teken 75/10 in 18.4 boulbeurte aan. Overvaal teken 76/5 in 19.2 beurte aan.
Overvaal wen die wedstryd in die laaste beurt met 5 paaltjies.
UITSTAANDE PRESTASIES
Met die kolf:
Rinaldo Bornman teken 26 lopies van 33 balle aan.
Zak van Niekerk verdien 13 lopies van 16 balle, nie uit nie.
Met die bal:
Waldo Mouton neem 2 paaltjies vir 8 lopies.
Wean Kruger neem 1 paaltjie vir 12 lopies.
WEDSTRYD 3: MERENSKY 1 VS TRIO 1
Trio kolf eerste en teken 90/8 in 20 boulbeurte aan. Merensky teken 91/5 in 13.2 beurte aan.
Merensky Landbou Akademie wen die wedstryd met 5 paaltjies.
UITSTAANDE PRESTASIES
Met die kolf:
Rinaldo Bornman teken 51 lopies van 38 balle aan.
JP Botha teken 15 lopies van 19 balle aan.
Met die bal:
Cashan Jacobsz neem 2 paaltjies vir 16 lopies.
Rinaldo Bornman neem 2 paaltjies vir 17 lopies.
Wean Kruger neem 1 paaltjie vir 3 lopies.
Die man van die wedstryd is Rinaldo Bornman.
WEDSTRYD 4: MERENSKY 1 VS WESVALIA 1
Wesvalia kolf eerste en teken 108/5 in 20 boulbeurte aan. Merensky teken 112/3 in 19.3 beurte aan.
Merensky Landbou Akademie wen die wedstryd met 7 paaltjies.
UITSTAANDE PRESTASIES
Met die kolf:
Rinaldo Bornmann teken 64 lopies van 55 balle, nie uit nie, aan.
Schalk Rossouw teken 26 lopies van 36 balle, nie uit nie, aan.
Met die bal:
Cashan Jacobsz neem 4 paaltjies vir 13 lopies.
Wean Kruger neem 1 paaltjie vir 14 lopies.
Die manne van die wedstryd is Cashan Jacobsz en Rinaldo Bornmann.
WEDSTRYD 5: MERENSKY 1 VS GOUDVELD 1
Goudveld kolf eerste en teken 92/10 in 18.4 boulbeurte aan. Merensky teken 93/6 in 17.2 beurte aan.
Merensky Landbou Akademie wen die wedstryd met 4 paaltjies.
UITSTAANDE PRESTASIES
Met die kolf:
Luka Heinlein teken 27 lopies van 27 balle aan.
JP Botha teken 21 lopies van 22 balle aan.
Schalk Rossouw teken 18 lopies van 20 balle aan.
Met die bal:
Cashan Jacobsz neem 4 paaltjies vir 15 lopies.
Rinaldo Bornman neem 3 paaltjies vir 21 lopies.
Xander Schoeman neem 2 paaltjies vir 22 lopies.
Die man van die wedstryd is Cashan Jacobsz.
WEDSTRYD 6: MERENSKY 1 VS JIM FOUCHÉ 1
Jim Fouché kolf eerste en teken 116/7 in 20 boulbeurte aan. Merensky teken 118/5 in 16.3 beurte aan.
Merensky Landbou Akademie wen die wedstryd met 5 paaltjies.
UITSTAANDE PRESTASIES
Met die kolf:
Rinaldo Bornman teken 44 lopies van 30 balle aan.
JP Botha teken 34 lopies van 23 balle aan.
Schalk Rossouw teken 20 lopies van 26 balle aan.
Met die bal:
Bernard Wandrag neem 2 paaltjies vir 9 lopies.
Topher Elphinstone neem 2 paaltjies vir 12 lopies.
Rinaldo Bornman neem 2 paaltjies vir 12 lopies.
Die man van die wedstryd is Rinaldo Bornman.
WEDSTRYD 7: MERENSKY 1 VS OOS-MOOT 1
Oos-Moot kolf eerste en teken 112/10 in 20 boulbeurte aan. Merensky teken 113/5 in 18.4 beurte aan.
Merensky Landbou Akademie wen die finaal met 5 paaltjies.
UITSTAANDE PRESTASIES
Met die kolf:
JP Botha teken 47 lopies van 48 balle, nie uit nie, aan.
Wean Kruger teken 16 lopies van 12 balle, nie uit nie, aan.
Met die bal:
Ian Meyer neem 3 paaltjies vir 4 lopies.
Bernard Wandrag neem 3 paaltjies vir 16 lopies.
Luka Heinlein neem 2 paaltjies vir 18 lopies.
Die man van die wedstryd is Ian Meyer.
Merensky tree uit as wenners van die Skild-afdeling.
Baie geluk aan Rinaldo Bornman en Cashan Jacobsz wat verkies is tot die uitnodigingspan wat later in die jaar na Nederland toer.
GOOGLE PHOTOS ALBUM (Ankia Botha): https://photos.app.goo.gl/Wwt9BDKcvRWafeqm7
MERENSKY KRIEKETSPANNE SKOP FINSBURY-TOERNOOI GOED AF
24 Januarie 2025
Spannende oorwinning vir Merensky o15A teen Linden o15A
In 'n kragtige wedstryd het Merensky Landbou Akademie se o15A-span Hoërskool Linden met twee paaltjies geklop. Linden het 195 lopies in 40.3 beurte aangeteken, waarna Merensky 199/8 behaal het in 46.5 beurte om die oorwinning in te palm.
Uitsonderlike prestasies:
Met die bal:
- Yogi Brahmbatt: 10 beurte, 3 paaltjies vir 33 lopies.
- Willem Mostert: 5.3 beurte, 2 paaltjies vir 15 lopies.
- Ethan Swiglaar: 4 beurte, 2 paaltjies vir 11 lopies.
Met die kolf:
- Muhammed Khan: 60 lopies van 73 balle.
- Ethan Swiglaar: 22 lopies van 87 balle.
Die man van die wedstryd was Muhammed Khan.
25 Januarie 2025
Wesvalia o15A wen teen Merensky o15A
Wesvalia het Merensky met sewe paaltjies verslaan nadat hulle Merensky beperk het tot 104/10. Wesvalia het 108/3 behaal.
Uitsonderlike prestasies:
Met die bal:
- Willem Mostert, Lourens Gouws en Altus Vorster het elk een paaltjie geneem.
Met die kolf:
- Lourens Gouws: 18 lopies van 57 balle.
- Muhammed Khan: 15 lopies van 32 balle.
25 Januarie 2025
Merensky se 1ste-span blink uit teen Wesvalia
In 'n kort, maar intense wedstryd, het Merensky se eerste span Wesvalia se eerste span met vier paaltjies geklop. Wesvalia is beperk tot 53/9 in 20.2 beurte danksy skitterende bowling deur Rinaldo Bornman, wat 'n ongelooflike sewe paaltjies vir 21 lopies geneem het. Merensky het die wenlopies in 14.3 beurte gemaak met 57/6.
Uitsonderlike prestasies:
Met die bal:
- Rinaldo Bornman: 6.2 beurte, 7 paaltjies vir 21 lopies.
Met die kolf:
- JP Botha: 15 lopies van 22 balle, nie uit nie.
Die man van die wedstryd was Rinaldo Bornman.
Merensky se spanne het hul vastberadenheid en talent sommer al vroeg-vroeg die jaar ten toon gestel en spog met uitstekende individuele en spanprestasies.
GOOGLE PHOTOS ALBUM: https://photos.app.goo.gl/PyqTpBC76dzxkeqc8
KRIEKET SA T20 FASE 2 UITSPELE IN BENONI
Willowmore Park, Benoni – 31 Januarie tot 2 Februarie 2025
Krieketspanne van regoor die land het van 31 Januarie tot 2 Februarie aan die SA T20 Fase 2-uitspele deelgeneem by Willowmore Park se velde in Benoni. Die aksie het groot opwinding en strawwe kompetisie opgelewer, met Merensky Landbou Akademie wat drie uitdagende wedstryde gespeel het.
Wedstryd 1: Merensky 1 vs Garsfontein 1
Merensky het eerste gekolf en is beperk tot 53 lopies in 18.3 beurte. Garsfontein het die teiken gemaklik bereik met 54/3 in slegs 6.4 beurte, en het die wedstryd met 7 paaltjies gewen.
Prestasies:
Timothy Baker het 12 lopies van 13 balle aangeteken.
Met die bal het Baker in 3 beurte 2 paaltjies vir 30 lopies geneem.
Wedstryd 2: Merensky 1 vs Kempton Park 1
Kempton Park het eerste gekolf en 90/9 aangeteken in hul 20 beurte. Merensky het daarna dieselfde telling van 90/5 aangeteken, wat die wedstryd in ‘n gelykop uitslag laat eindig het. Die wedstryd is uiteindelik in Kempton Park se guns beslis in die “super over”.
Prestasies:
Musa Nkuna het uitblink met 3 paaltjies vir slegs 7 lopies in sy 4 beurte.
Cashan Jacobsz het 2 paaltjies vir 31 lopies geneem in 4 beurte.
Timothy Baker het 2 paaltjies geneem in sy 2 beurte teen ‘n koste van net 8 lopies.
Luka Heinlein het met die kolf 34 lopies van 40 balle aangeteken.
Wedstryd 3: Merensky 1 vs Afrikaans Hoër Seunskool
Affies het eerste gekolf en ‘n indrukwekkende telling van 171/6 aangeteken in hul 20 beurte. Merensky se poging is deur weerlig en swaar reën ingekort, en hulle het teen die Duckworth-Lewis-metode verloor met ‘n telling van 68/4 in 15.3 beurte.
Prestasies:
Bernard Wandrag het 25 lopies van 32 balle aangeteken.
MERENSKY KRIEKET 1 WYS HUL STAAL IN FINSBURY-LIGA
Merensky se o15A- en 1ste-krieketspanne het die afgelope naweek aan die Finsbury-krieketliga deelgeneem teen Secunda se spanne, met wisselende resultate.
Merensky 1 vs Secunda 1 (by Merensky)
Die Merensky 1ste-span het 'n indrukwekkende oorwinning oor Secunda behaal.
Secunda het eerste gekolf en 167 lopies vir die verlies van tien paaltjies in 45 beurte aangeteken. Merensky het egter gemaklik die teiken van 168 lopies bereik, met 171/3 in slegs 33 beurte. Die span het die wedstryd met 7 paaltjies gewen.
Uitstaande prestasies:
Met die bal:
Timothy Baker: 10 beurte, 2 maidens, 3 paaltjies vir 35 lopies.
Luka Heinlein, Cashan Jacobsz en Wean Kruger het elk twee paaltjies geneem.
Met die kolf:
Rinaldo Bornman: 78 lopies van 91 balle (nie uit nie).
Luka Heinlein: 54 lopies van 49 balle.
Man van die wedstryd: Rinaldo Bornman.
Merensky o15A vs Secunda o15A (by Hoërskool Secunda)
Die o15A-span het 'n moeilike wedstryd gehad en hul staal teen 'n sterk Secunda-span getoets.
Secunda het eerste gekolf en 'n aansienlike totaal van 234 lopies vir die verlies van 7 paaltjies in 50 beurte aangeteken. Merensky kon nie die uitdaging die hoof bied nie, en is uitgeboul vir 85 lopies in 17.2 beurte. Secunda het die wedstryd met 149 lopies gewen.
Uitstaande prestasies:
Met die bal:
Willem Mostert: 10 beurte, 1 maiden, 5 paaltjies vir 47 lopies.
Jandré Venter: 8 beurte, 1 maiden, 2 paaltjies vir 21 lopies.
Met die kolf:
Ethan Swiglaar: 19 lopies van 14 balle.
Volgende wedstryde:
14 Februarie: 1ste span weg teen Linden.
15 Februarie: 1ste span weg teen Klerksdorp, O15 A tuis teen Klerksdorp.
Merensky se spanne wys steeds hul veggees op die veld en is gereed vir die uitdagings wat voorlê. Sterkte aan al die spelers vir die komende wedstryde!
GOOGLE PHOTOS ALBUM (Ankia Botha): https://photos.app.goo.gl/CYsv6v9H5XaywPmT9
MERENSKY KRIEKET SUKSESVOL IN FINSBURY LIGA
Op 14 en 15 Februarie 2025 het Merensky se eerste krieketspan in Johannesburg en Klerksdorp deelgeneem aan die Finsbury-krieketliga waar hulle teen Hoërskool Linden en Hoërskool Klerksdorp te staan gekom het.
Merensky 1 vs Linden 1 (14 Februarie)
Linden het eerste gekolf en 143/10 in 45 beurte aangeteken. Merensky het met ‘n sterk teenaanval geantwoord en 145/4 in 31.2 beurte behaal, wat hulle ‘n oorwinning van 6 paaltjies besorg het.
UITBLINKERS
Met die bal:
Luka Heinlein: 9 beurte, 2 maidens, 5 paaltjies vir 18 lopies.
Rinaldo Bornman en Cashan Jacobsz: Elk 2 paaltjies.
Met die kolf:
Rinaldo Bornman: 64 lopies van 81 balle (nie uit nie).
Logan Jansen van Rensburg: 24 lopies van 72 balle.
Man van die wedstryd: Luka Heinlein
Merensky 1 vs Klerksdorp 1 (15 Februarie)
Klerksdorp het eerste gekolf en 76/10 in 35.5 beurte aangeteken. Merensky het 78/6 in 20.1 beurte behaal en die wedstryd met 4 paaltjies gewen.
UITBLINKERS
Met die bal:
Timothy Baker: 7.5 beurte, 3 maidens, 5 paaltjies vir 14 lopies.
Waldo Mouton: 10 beurte, 3 maidens, 4 paaltjies vir 13 lopies.
Met die kolf:
Schalk Rossouw: 19 lopies van 29 balle (nie uit nie).
Logan Jansen van Rensburg: 14 lopies van 29 balle.
Man van die wedstryd: Timothy Baker
Met hierdie oorwinnings eindig Merensky eerste in hul poel en bly onoorwonne.
GOOGLE PHOTOS ALBUM: https://photos.app.goo.gl/FJt6pAz2jukyuP1x7
5-10 Januarie 2025
Kovsie Smash-toernooi
25 Januarie 2025
Finsbury-liga 1e vs Westvalia
8 Februarie 2025
Finsbury-liga 1e vs Secunda
14-15 Februarie 2025
Finsbury-liga vs
Linden & Klerksdorp
23 Januarie 2024
T20 vs Giyani
5 Februarie 2024
T20 1e vs Ellisras
17-21 Junie 2024
KRIEKETWEEK
Prysuitdeling
7 September 2024
Superliga o.15A & 1e vs PHS
2 September 2024
SA T20 vs Bochum
27 Januarie 2024
Finsbury-liga 1e vs Dinamika
20 Februarie 2024
T20 1e vs HTS Tom Naudé
17-21 Junie 2024
KRIEKETWEEK
T20 vs Fichardpark
14 September 2024
Superliga o.15A & 1e vs Nkowankowa HUB
9 September 2024
SA T20 Finaal vs
Phalaborwa HUB
30 Januarie 2024
T20 1e vs Nkowankowa
17-21 Junie 2024
KRIEKETWEEK
Dag 1 vs Brandwag
24 Augustus 2024
Superliga 1e vs Phalaborwa HUB
16 Oktober 2024
1e vs Phalaborwa HUB
29 September 2024
Afsluiting & Prysuitdeling
3 Februarie 2024
Finsbury-liga o15A vs Heidelberg Volkies
17-21 Junie 2024
KRIEKETWEEK
Dag 4 vs Waterkloof
24 Augustus 2024
Superliga vs Ben Vorster
17 Oktober 2024
1e vs SLC