Die doelwit van hierdie platform is die bevordering van kultuur en die aanmoediging aan deelnemers om hoë gehalte vertonings tydens die Eisteddfod te bied.
Alle optredes en beoordeling vind plaas op die Merensky MDDK Kultuur-kampus.
Die week van 18 - 22 Augustus 2025 was ‘n warboel van talent tydens die MDDK Eisteddfod.
Maandag en Dinsdag, 18 en 19 Augustus, is die week afgeskop met drama van die hoogste gehalte. Die beoordelaar, Tiaan Slabbert, was besonder beïndruk met die rykdom aan dramatalent in Limpopo.
KATEGORIEWENNERS BY DRAMA
Voorskool – Graad 1
Lisa Pohl – Solo-item: 95%
Wysneusie Kleuterskool – Groep-item 80%
Graad 2 – 3
Handré Botes – Solo-item 95%
Ruah Moshobane – Solo-item 95%
Graad 4 – 5
Skyler du Toit – Solo-item 92%
Mianke Louw – Solo-item 92%
Inge Jansen van Vuuren – Solo programme 95%
Graad 6 – 7
Lara van Veelen – Solo-item 94%
Cara van Zyl – Solo programme 93%
Regardt Krüger – Groep-item 89%
Zanri Krüger – Groep-item 89%
Graad 8 – 9
Buhle Nyangiwe – Solo-item 96%
Iné Celliers – Solo programme 90%
Amelie Pretorius – Groep-duo 94%
Anin Katzke – Groep-duo 94%
Xico Santa Rita – Groep-item 95%
Kobus Auret – Groep-item 95%
Zian de Beer – Groep-item 95%
Klara Botha-Nel – Groep-item 95%
Lillian Fourie – Groep-item 95%
Graad 10 – 12
Mokonyama Priscilla – Solo-item 93%
Olivia Venter – Solo-item 93%
Henk de Wet – Solo-item 93%
Victoria MacKenzie – Solo programme 92%
Jean de Wet – Solo programme 92%
Jean de Wet – Groep-item 92%
Luzaan Erasmus – Groep-item 92%
___________________________________________________________________________________________________________________________________________
Woensdag, 20 Augustus, het beginners tot ervare dansers hul slag gewys. Beoordelaar, Charisse Barwise, het behoorlik kopgekrap om regverdige punte toe te ken en waardevolle terugvoer te gee.
KATEGORIEWENNERS BY DANS
Beginner – Graad 1 – 4
Thato Maredi – Solo-item 79.5%
Arielle Terblance – Groepdans: But first, let’s take a selfie 80%
Ila van Rooyen – Groepdans: But first, let’s take a selfie 80%
Mieke Lombard – Groepdans: But first, let’s take a selfie 80%
Nathalie Moeken – Groepdans: But first, let’s take a selfie 80%
Leah Fourie – Groepdans: Hat dance 80%
Niki Eastman – Groepdans: Hat dance 80%
Ella Schulze – Groepdans: Hat dance 80%
Lana Pieterse – Groepdans: Hat dance 80%
Meley Lee – Groepdans: Hat dance 80%
Ouer beginner – Graad 5 – 8
Jennica van Zyl – Solo-item 82.5%
Giselle Lopes – Groepdans: African 84%
Jané Marais – Groepdans: African 84%
Sunet Coetzee – Groepdans: African 84%
Naomi Grissel – Groepdans: African 84%
Wilmarie Gouws – Groepdans: African 84%
Simoné Vermeuelen – Groepdans: African 84%
Intermediêr – Graad 5 – 7
Bonolo Michelle Makgoba – Solo-item 81.5%
Shantel Mohale – Groepdans 73%
Bohale Motau – Groepdans 73%
Ndzima Maswangani – Groepdans 73%
Intermediêr – Graad 8 – 10
Tihana Venter – Solo-item 84.5%
Lia Coetzee – Solo-item 84.5%
Aimee Mokgerere – Groep tradisionele dans 80%
Angela Zwane – Groep tradisionele dans 80%
Ntsakisi Bilankulu – Groep tradisionele dans 80%
Mashau Ramano – Groep tradisionele dans 80%
Rinae Ntshauba – Groep tradisionele dans 80%
Zielke Duvenhage – Groepdans: Echo 80%
Lillian Fourie – Groepdans: Echo 80%
Mienke van Niekerk – Groepdans: Echo 80%
Mieke Venter – Groepdans: Echo 80%
Micah van Niekerk – Groepdans: Echo 80%
Mieke Honeyball – Groepdans: Echo 80%
Micke Pieterse – Groepdans: Echo 80%
Vicky Maartens – Groepdans: Echo 80%
Ervare – Graad 10 – 12
Ansuretha Perold – Solo-item 84.5%
Anchen Human – Groepdans: Cry me a river 87%
Ansuretha Perold - Groepdans: Cry me a river 87%
Karja Kruger - Groepdans: Cry me a river 87%
Neria Fleischmann - Groepdans: Cry me a river 87%
Tihana Venter - Groepdans: Cry me a river 87%
Mienke van Niekerk - Groepdans: Cry me a river 87%
Victoria MacKenzie - Groepdans: Cry me a river 87%
Elrene Knoetze - Groepdans: Cry me a river 87%
Zoë-Leigh Thompson - Groepdans: Cry me a river 87%
Stanford Lake College – Tradisionele Groepdans: Tsonga 76%
___________________________________________________________________________________________________________________________________________
Donderdag, 21 Augustus, het die verhoog aan die sangers behoort. Solo-items, duette en kooruitvoerings het die gehoor betower. Mnr. Philippus Hugo, beoordelaar van die dag, was in vervoering oor die gehalte en passie wat hy op die verhoog gesien het.
KATEGORIEWENNERS BY SANG
Graad 1 – 3
Lethabo Mafa – Solo-item 90%
Graad 4 – 5
Malebo rahupetsane – Solo-item 89%
Graad 6 – 7
Minkateko Senwana – Solo-item 92%
LJ van Rooyen – Solo-item 92%
Karabo Ngobeni – Solo programme 93%
The Lighthouse Academy – Groepkoor item 95%
Graad 8 – 9
Siwe Myeni – Solo-item 94%
Karsten Meyer – Solo-item 94%
Bonolo Malahlela – Solo programme 95%
Ilana Lubbe – Groepsang item 92%
Marny du Plessis – Groepsang item 92%
Graad 10 – 12
Lethabo Ramohlale – Solo-item 95%
Krisha Kanyongolo – Solo-item 95%
Nicola Smit – Solo-item 95%
Basani Msimeki – Solo-item 95%
Adriaan Muller – Solo programme 97%
Siwe Myeni – Groepsang item 93%
Seni Myeni - Groepsang item 93%
Stanford Lake College koor – Groepkoor item 90%
___________________________________________________________________________________________________________________________________________
Vrydag, 23 Augustus, het die musikante die week afgesluit. Hierdie afdeling het leerders die geleentheid gegee om hul vaardighede op instrumente soos klavier, kitaar, tjello, marimba’s en djembes te vertoon.
KATEGORIEWENNERS BY INSTRUMENTAAL
Graad 4 – 5
Pieter Mostert – Solo-item 92%
Simeon Bekker – Solo programme 85%
Graad 6 – 7
Izias van Niekerk – Solo-item 86%
Joshua Bekker – Solo programme 82%
Kingscourt Percussion band – Groepitem 94%
Graad 8 – 9
Mikayla Venter – Solo-item 95%
Nadia Honiball – Solo programme 92%
Stanford Lake College – Marimba Juniors 90%
Graad 10 – 12
Nikolas Muller – Solo-item 94%
Adriaan Muller – Solo programme 97%
Southern Cross School – Djembe-spelers, Groepitem 100%
Karien Horak – Groepitem 95%
Lianke Oosthuizen – Groepitem 95%
___________________________________________________________________________________________________________________________________________
Reeds voor die aanvang van die Eisteddfod-week is kreatiewe skryfstukke per e-pos ontvang. Mev. Magdaleen van Niekerk, ‘n taalkundige van Pretoria, het die werk beoordeel en vir elke deelnemer waardevolle, persoonlike terugvoer gegee.
KATEGORIEWENNERS BY KREATIEWE SKRYFWERK
Graad 6 -7
Alba Mamba – Gedig 85%
Clarese Botes – Opstel 84%
Graad 8 – 9
Tarryn-jay Diedericks – Paragraaf 84%
Lyla Aucamp – Gedig 83%
Iné Celliers – Opstel 89%
Graad 10 – 12
Charlie Peniston – Paragraaf 88%
René Smal – Gedig 86%
Steven Thompson – Opstel 90%
Isabella Sussens – Opstel 90%
___________________________________________________________________________________________________________________________________________
Deurentyd kon besoekers ook ‘n kuns- en fotografie-uitstalling in die MDDK geniet. Die beoordeling hiervan is deur me. Anel Griesel behartig.
KATEGORIEWENNERS BY FOTOGRAFIE
Graad 6 – 7
Marika Marx – Nag 80%
Marika Marx – Swart en wit 82%
Marika Marx – Kreatiewe kuns 72%
Marika Marx – Kulinêr 75%
Marika Marx – Makrofotografie 85%
Graad 8 – 9
Rikus Kamffer – Nag 81%
Rikus Kamffer – Swart en wit 90%
Layla Balt – Kreatiewe kuns 85%
Ben Adams – Makrofotografie 90%
Graad 10 – 12
Karla Marx – Nag 83%
Janne van der Ploeg – Swart en wit 88%
Isabella Sussens – Kreatiewe kuns 88%
Sunique Coetzee – Kulinêr 88%
Adysen Hewitt – Makrofotografie 90%
Volwasse
Karin Marx - Nag 85%
Karin Marx – Swart en wit 75%
Karin Marx – Kreatiewe kuns 70%
Karin Marx – Kulinêr 84%
Karin Marx – Makrofotografie 86%
KATEGORIEWENNERS BY KUNS
Voorskool – Graad 1
Amuhelang Mobokwane - Goggas 80%
Graad 2 – 3
Theto Mamokgere – My huis 85%
Graad 4 – 5
Ilé Fourie – Beweging 85%
Graad 6 – 7
Megan Stoltz - Natuur (2 x stukke) 88%
Graad 8 - 9
Ethan Visser – Vriende 88%
Graad 10 – 12
Ataliah van Niekerk – Emosies 89%
Ataliah van Niekerk – 3D kunswerk Emosies 82%
Tiaan Slabbert is ’n veelbekroonde verhoogakteur en stemkunstenaar, bekend vir sy werk in Takalani Sesami, waarvoor hy ’n SAFTA-nominasie ontvang het. Hy het onder meer ’n Blou Fiësta, Broadway World Award en Naledi-toekenning verwerf vir sy spel in Porselein by die SA Staatsteater.
As eienaar van What Walrus?, ’n opvoedkundige kinderteatermaatskappy, beywer Tiaan hom vir “edu-tainment” en die bevordering van teater onder jong leerders. Hy was ook te sien in verskeie KykNET-produksies soos Getroud met Rugby, Knapse Kêrels, Spoorloos 4 – Die Eiland, en verskeie storiefilms waaronder Drie Ja’s en ’n Nee en Boetie Ontmoet ’n Alien.
Tiaan speel in Brakpan Boudoff en Vetkoekpaleis 2, en verskyn as Buks in Molly en Wors hou Kerfees. Internasionaal maak hy sy debuut op Netflix in Amandla, en op Showmax in Daar’s Bloed.
Hy gee ook klas as lektor in verhoog- en fisiese teater aan PALI (Performing Arts Life Institute) en toer tans met sy eenmanvertoning Hans Bars die Bioborrel.
Philippus Hugo het die grade BMus, BMus Hons (Cum Laude) en MMus (Cum Laude) in klavieruitvoering aan die Universiteit van Stellenbosch behaal onder leiding van Juliana de Villiers. Hy het op 16 sy solodebuut saam met die Kaapstad Filharmoniese Orkes gemaak en sedertdien gereeld as solis en begeleier met verskeie orkeste opgetree.
Hy was vanaf 1992 amptelike begeleier by die Hugo Lambrecht Musieksentrum, van 1994–2010 vir die ABSA Nasionale Musiekkompetisie, en het ook vir SANLAM, ATKV Musique, Artscape, UNISA en verskeie nasionale kunstefeeste opgetree. Hy was begeleier by die Maputo Internasionale Musiekfees (2011, 2014, 2016, 2017, 2024) en ’n gas-kunstenaar by die Harare Musiekfees (2024).
In 2013 is sy openingsproduksie vir die Klein Karoo Klassiek-fees vir ’n Fiesta-toekenning benoem. Hy dien gereeld as beoordelaar by eisteddfods en nasionale kompetisies, insluitend Hubert van der Spuy (2019) en Johan Vos (2022, 2023). Sedert 2014 is hy lid van UNISA se eksamenpaneel en sedert 2000 amptelike begeleier by die Universiteit van Stellenbosch Konservatorium.
Hy is tans besig met ’n PhD in Musiek aan die Universiteit van die Vrystaat.
Afrikaans is my huistaal én passie. Ek is toegewyd daaraan om die taal met entoesiasme te onderrig en leerders te help om vaardig te word in ’n taal wat hul deelname as opgeleide landsburgers bevorder.
Met meer as 40 jaar se ervaring, insluitend 12 jaar as Senior Onderwysspesialis: Afrikaans (Huistaal en EAT), het ek diepgaande kennis van die KABV, Nasionale Kurrikulumverklaring en onderwyswetgewing ontwikkel. Ek was aktief betrokke by nasionale en provinsiale opleiding, moderering, monitering, eksaminering en die ontwikkeling van lesplanne en studiegidse.
Ek glo ons talente wissel van uitvoerend tot waarderend, en soms het ons die een of die ander, en andersyds het ons ‘n kombinasie daarvan. Ek is dankbaar dat my kunstalente my toelaat om te skep, te leer, te waardeer en te beoordeel.
My kunsstudies was by TUKS en daarna het ek my HOD by Kovsies voltooi.
Privaat-kunsklasse vir kleuters tot volwassenes was nog altyd deel van my lewe.
Ek was vir 17 jaar lank in die Visuele Kunsklas betrokke as onderwyser en vakhoof vir graad 8-12, en was sedert 2012 die hoofmerker van graad 12 Visuele Kuns en Ontwerp in Limpopo, en het op die nasionale paneel gedien vir memorandumbesprekings vir beide teorie en prakties. Huidig is ek in diens van die onderwysdepartement as die hoof moderator vir Visuele Kuns en Ontwerp in Limpopo.
Ek was by verskeie kunstefeeste betrokke as beoordeelaar van kuns en fotografie en het self ‘n passie vir fotografie. My verantwoordelikhede by skooljaarblaaie as die skoolfotograaf, en kortkursusse in fotografie, vorm deel van my ervaring.
Ek is altyd besig om kunsvorms, tegnieke, kunstenaars en bewegings te bestudeer en vind daagliks inspirasie wat ‘n voedingsbron is vir siel en gees. My kunstenaarskap is ‘n genadegawe waarmee ek my Skepper wil eer.