Yolandi Potgieter
ORGANISEERDER
ypotgieter@hsmerensky.co.za
Chrizanne Hennig
AFRIGTER
Joost Smith
AFRIGTER
MERENSKY BOOGSKUTS PRESTEER BY TRIPLE CROWN LEG 1
Merensky Landbou Akademie se boogskietspan het op 1 en 2 Februarie aan die eerste been van die Triple Crown-reeks deelgeneem. Die kompetisie is oor twee dae in Pretoria by die Wildcrete 3D Targets gehou. Alhoewel die weerstoestande winderig was, was deelnemers dankbaar dat daar geen reën geval het nie.
Die Merensky-boogskuts het uitstekende prestasies behaal en hul provinsiale vaardighede ten toon gestel:
Rouxné Schnettler het ‘n eersteplek behaal met sowel ‘n Protea- as ‘n provinsiale kwalifisering.
Zelke Kruger het in die tweedeplek geëindig en een provinsiale kwalifisering verwerf.
Izelri Theron het ‘n derdeplek verower.
Henk Meyer het ‘n tweedeplek behaal en twee provinsiale kwalifiserings ingepalm.
Christiaan het in die derdeplek geëindig met twee provinsiale kwalifiserings.
Nathan Swanepoel en Tommie Strydom het elk een provinsiale kwalifisering verwerf.
FOTO'S
MERENSKY BOOGSKIET SKIET LIMPOPO-NOORD BINNENSHUIS
Die Merensky Boogskietspan het op 7 en 8 Februarie 2025 aan die Limpopo-Noord Binnenshuise Provinsiale Kompetisie op die plaas deelgeneem en goeie prestasies behaal.
Junior Female Bowhunter Unlimited
🥈 2de plek - Carli Smit
🥉 3de plek - Zelke Kruger
Young Adult Female Bowhunter Unlimited
🥈 2de plek - Izelri Theron
Young Adult Male Bowhunter Unlimited
🥇 1ste plek - Louis Vorster
🥈 2de plek - Tommie Strydom
FOTO
HENK MEYER BLINK UIT BY MPUMALANGA FIELD BOOGSKIET
Vier skuts van Merensky Landbou Akademie het op 15 en 16 Februarie hul merk gemaak tydens die Mpuma-langa Field-kompetisie wat by die Yokol Adventure Camp in Nylstroom gehou is. Die Plasies het met indrukwekkende uitslae teruggekeer en nasionale kwalifiserende tellings aangeteken.
In die Junior Female Bowhunter Unlimited-afdeling het Carli Smit haar uitstekende skietvernuf gewys deur die eersteplek te behaal.
Die Junior Male Bowhunter Unlimited-afdeling was ‘n ware vertoning van Merensky-oorheersing. Henk Meyer het nie net die eersteplek verower nie, maar ook twee nasionale kwalifiserende tellings behaal. Christiaan Loots het tweede geeïndig, ook met 2 nasionaal kwalifiserende tellings, en Nathan Swanepoel was in die derdeplek met 1 nasionaal kwalifiserende telling.
FOTO'S
MERENSKY BOOGSKIET SKITTER BY LIMPOPO SUID FIELD KOMPETISIE
Thabazimbi Boogklub - 1 & 2 Maart 2025
Merensky Landbou Akademie se boogskietspan het op 1 en 2 Maart 2025 by die Limpopo Suid Field Provinsiale Kompetisie, gehou by die Thabazimbi Boogklub, hul talent gewys en weereens bewys hoekom hulle as een van die voorste boogskietskole in Suid-Afrika beskou word.
Merensky is trots op hul drie verteenwoordigers:
Henk Meyer het eersteplek behaal en twee nasionale kwalifiserende tellings van 534 en 526 geskiet.
Christiaan Loots het tweedeplek behaal met twee nasionale kwalifiserende tellings en persoonlike beste tellings van 515 en 522.
Nathan Swanepoel het tellings van 484 en 479 behaal, wat hom sy finale provinsiale kwalifiserende telling besorg het vir provinsiale kleure.
Met sulke indrukwekkende prestasies is dit duidelik dat Merensky se boogskietspan voortgaan om hul merk te maak in die Suid-Afrikaanse boogskietgemeenskap. Hierdie kompetisie was 'n belangrike stap vir die atlete op hul pad na verdere nasionale en provinsiale suksesse.
Baie geluk aan Henk, Christiaan en Nathan vir hul uitsonderlike prestasies. Merensky is trots op julle en sien uit na nog vele oorwinnings in die toekoms!
FOTO'S
MERENSKY BOOGSKUTS BLINK UIT BY SANIFAA 3D LIGA IN MOKOPANE
Merensky Landbou Akademie se boogskuts het op 15 en 16 Maart 2025 deelgeneem aan die Sanifaa 3D Liga-kompetisie wat by Shikwaru Lodge in Mokopane gehou is. Die uitdagende baan het uitstekende voorbereiding gebied vir die skuts wat aan die 3D Wêreldkampioenskappe aan die einde van April gaan deelneem.
Die Plasie-skuts het hul merk gemaak met uitmuntende vertonings en 'n indrukwekkende medalje-oes. Twee van Merensky se talentvolle boogskuts, Henk Meyer en Nathan Swanepoel, het hul nasionale kwalifiserings verseker.
Merensky se medaljewenners:
🥇 Henk Meyer – Goud
🥇 Nauta van der Gryp – Goud
🥇 Tommie Strydom – Goud
🥈 Nathan Swanepoel – Silwer
🥇 Carli Smit – Goud
🥇 Zelke Kruger – Goud
🥇 Edrich Roos – Goud
Merensky se boogskietspan het bewys dat hulle met die beste in die land kan meeding. Hierdie prestasies dien as 'n stewige grondslag vir hul voorbereiding vir die internasionale verhoog. Baie geluk aan al die skuts – julle maak ons trots! 🎯🏹💙
FOTO'S
KAMPIOEN-BOOGSKUTS WYS HUL SLAG IN MODIMOLLE
Drie boogskuts van Merensky Landbou Akademie het hul staal gewys tydens die SANIFAA Field Nasionale Kampioenskappe, gehou van 21 tot 23 Maart by Kamp Yakol in Modimolle. Die kompetisie was straf, maar die Plasies het met puik prestasies uitgeblink!
🎯 Henk Meyer het 'n eerste plek behaal en boonop twee nasionale kwalifiserende tellings geskiet.
🎯 Christiaan Loots het tweede plek ingeneem, ook met twee nasionale kwalifiserende tellings.
🎯 Nathan Swanepoel het die vierde plek behaal met twee provinsiale kwalifiserende tellings.
Met hierdie uitslae agter die rug, verskuif die fokus nou na die internasionale verhoog – die 2025 IFAA World Bowhunter Championship (WBHC) wat van 27 April tot 4 Mei by Elgro River Lodge in Potchefstroom aangebied sal word. Dit is ’n groot geleentheid en ons skuts werk reeds hard om gereed te wees.
FOTO'S
MERENSKY BOOGSKUTS SKITTER IN VOORBEREIDINGSTOERNOOI VIR WÊRELDKAMPIOENSKAP
CULLINAN — Vyf boogskuts van Merensky Landbou Akademie het op 12 en 13 April 2025 aan die SANIFAA Wêreld Boogskiet Voorbereidingstoernooi by die Cullinan Boogklub in Cullinan, as voorbereiding vir die komende Wêreld Boogskietkampioenskap, deelgeneem.
Die baan was uitdagend en vir al die Plasie-skuts onbekende terrein, maar ondanks dié toets het hulle steeds puik tellings behaal.
Uitslae:
🟦 JMBU-kategorie
🥇 1ste – Henk Meyer: 494 (NQ), 560 | Totale telling: 1054
🥈 2de – Nathan Swanepoel: 474 (NQ), 550 | Totale telling: 1024
🟩 YAMBU-kategorie
🥇 1ste – Christiaan Loots: 464 (PQ), 552 | Totale telling: 1016
🥈 2de – Nauta van der Gryp: 423, 542 | Totale telling: 965
🥉 3de – Tommie Strydom: 404, 548 | Totale telling: 952
Baie geluk aan dié vyf skuts met hul prestasies. Die fokus skuif nou na die 2025 IFAA World Bowhunter Championship, wat van 27 April tot 4 Mei by Elgro River Lodge in Potchefstroom plaasvind.
FOTO'S
KAMPIOEN-BOOGSKUTS WYS HUL SLAG IN MODIMOLLE
Drie boogskuts van Merensky Landbou Akademie het hul staal gewys tydens die SANIFAA Field Nasionale Kampioenskappe, gehou van 21 tot 23 Maart by Kamp Yakol in Modimolle. Die kompetisie was straf, maar die Plasies het met puik prestasies uitgeblink!
🎯 Henk Meyer het 'n eerste plek behaal en boonop twee nasionale kwalifiserende tellings geskiet.
🎯 Christiaan Loots het tweede plek ingeneem, ook met twee nasionale kwalifiserende tellings.
🎯 Nathan Swanepoel het die vierde plek behaal met twee provinsiale kwalifiserende tellings.
Met hierdie uitslae agter die rug, verskuif die fokus nou na die internasionale verhoog – die 2025 IFAA World Bowhunter Championship (WBHC) wat van 27 April tot 4 Mei by Elgro River Lodge in Potchefstroom aangebied sal word. Dit is ’n groot geleentheid en ons skuts werk reeds hard om gereed te wees.
Baie geluk, Henk, Christiaan en Nathan – die Plasies is trots op julle!
MERENSKY BOOGSKUTS SKITTER IN VOORBEREIDINGSTOERNOOI VIR WÊRELDKAMPIOENSKAP
CULLINAN — Vyf boogskuts van Merensky Landbou Akademie het op 12 en 13 April 2025 aan die SANIFAA Wêreld Boogskiet Voorbereidingstoernooi by die Cullinan Boogklub in Cullinan, as voorbereiding vir die komende Wêreld Boogskietkampioenskap, deelgeneem.
Die baan was uitdagend en vir al die Plasie-skuts onbekende terrein, maar ondanks dié toets het hulle steeds puik tellings behaal.
Uitslae:
🟦 JMBU-kategorie
🥇 1ste – Henk Meyer: 494 (NQ), 560 | Totale telling: 1054
🥈 2de – Nathan Swanepoel: 474 (NQ), 550 | Totale telling: 1024
🟩 YAMBU-kategorie
🥇 1ste – Christiaan Loots: 464 (PQ), 552 | Totale telling: 1016
🥈 2de – Nauta van der Gryp: 423, 542 | Totale telling: 965
🥉 3de – Tommie Strydom: 404, 548 | Totale telling: 952
Baie geluk aan dié vyf skuts met hul prestasies. Die fokus skuif nou na die 2025 IFAA World Bowhunter Championship, wat van 27 April tot 4 Mei by Elgro River Lodge in Potchefstroom plaasvind.
Sterkte aan ons Plasie-skuts – Merensky staan agter julle!
PLASIE-BOOGSKUTS SKITTER INTERNASIONAAL BY WÊRELDKAMPIOENSKAP
🟦 Potchefstroom | 27 April – 4 Mei 2025
Vyf bekwame boogskuts van Merensky Landbou Akademie het hul staal gewys tydens die 2025 World Bowhunting Championship wat by Elgro River Lodge in Potchefstroom aangebied is. Dié internasionale byeenkoms het nie net uitmuntende vaardighede van deelnemers vereis nie, maar ook aanpasbaarheid en deursettingsvermoë – veral weens uitdagende toestande ná swaar reënval.
Die meeste dae is geskiet op nat bane, waar waterstrome, moerasse en modder hul eie stel uitdagings gebied het. Gumboots was deel van die "dragkode", en tog het die Plasie-span hul kalmte en fokus behou. Gelukkig het die ergste reën gewoonlik ná afloop van die daaglikse skiet plaasgevind, met lang skietdae wat soms van 09:00 tot ná 16:00 gestrek het.
Die Merensky-skuts het nie net uitgestaan op die teikens nie – hul gedrag, vriendelikheid en sportmangees is wyd geprys deur mededingers en organiseerders. Die jong manne het ook vriende van regoor die wêreld gemaak, en het tydens die afsluitingsbanket hul ritme op die dansvloer ten toon gestel.
Merensky se prestasies sluit in twee goue, twee silwer en een brons medalje – ’n bewys van die harde werk, toewyding en ure van oefening. ’n Spesiale dankie aan die ouers wat deurentyd hul ondersteuning gebied het, asook aan Hannes Swanepoel wat tydens die week as “Cubmaster” opgetree het.
Nog ’n trotse oomblik vir die Plasie-gemeenskap was die uitstekende vertoning van oud-Plasie Rikus Warmenhoven, wat met sy uitslae ’n reuse indruk gemaak het.
📊 Individuele uitslae:
JMBU-kategorie:
🥇 1ste – Henk Meyer: 490NQ, 546, 558, 460 | Totale telling: 2054
🥈 2de – Nathan Swanepoel: 442, 540, 544, 470PQ | Totale telling: 1996
YAMBU-kategorie:
🥇 1ste – Christiaan Loots: 459, 546, 542, 448 | Totale telling: 1995
🥈 2de – Nauta van der Gryp: 430, 546, 548, 450 | Totale telling: 1974
🥉 3de – Tommie Strydom: 321, 526, 520, 376 | Totale telling: 1743
🎯 Volgende op die kalender: SANIAC Indoor Nationals op 16 en 17 Mei 2025.
MERENSKY BOOGSKUTS MAAK HUL MERK BY TRIPLE CROWN LEG 2
Pretoria – 10 & 11 Mei 2025
Merensky Landbou Akademie se boogskuts het op 10 en 11 Mei 2025 met puik prestasies uitgeblink tydens die tweede been van die Triple Crown-reeks, wat by Gabatta Lodge in Pretoria plaasgevind het. Die Plasies het hul staal gewys in verskeie afdelings.
In die Female Youth-afdeling het Merensky ’n volle podium-oorsig behaal:
🥇 1ste – Rouxne Schnettler
🥈 2de – Izelri Theron
🥉 3de – Zelke Kruger
In die Youth Male-kategorie het Merensky se skuts skitterend gevaar:
🥇 1ste – Henk Meyer
🥈 2de – Christiaan Loots
Ook in die skolespanne-afdeling het Merensky voortreflik gevaar en die 1ste én 3de plek ingeneem, met Waterkloof wat die tweede plek ingeneem het.
Die volgende opwindende byeenkoms op die kalender is die SANIAC Indoor-kompetisie, wat op 16 en 17 Mei 2025 by Merensky aangebied sal word.
MERENSKY-SKUTS SKITTER BY NASIONALE BOOGSKIETKAMPIOENSKAP
Tzaneen – 16 en 17 Mei 2025
Merensky Landbou Akademie het op 16 en 17 Mei as een van die landswye gasheerlokale opgetree vir die SANIAC (South African National Indoor Archery Championship).
Merensky se eie boogskuts het hul staal gewys, met deelnemers wat óf tuis in Tzaneen óf in Kempton Park meegeding het. Die kampioenskap is oor twee dae geskiet en die uitslae weerspieël die Plasies se vaardigheid en toewyding op nasionale vlak.
Prestasie-uitslae:
🔹 JMBU
• Henk Meyer – 1ste
• Bernard Louw – 6de
• Nathan Swanepoel – 7de
🔹 JFBU
• Carli Smit – 4de
🔹 YAMBU
• Jonah Altenroxel – 1ste
🔹 YAFBU
• Izelri Theron – 2de
Merensky is uiters trots op hierdie uitslae en sien uit na die volgende groot uitdaging: Interskole by Hoërskool Frikkie Meyer op 1 Augustus.
MERENSKY BOOGSKIET: GAUTENG NOORD FIELD TOERNOOI
Nylstroom – 17 & 18 Mei 2025
Merensky Landbou Akademie se boogskietspan het weer hul merk gemaak tydens die Gauteng Noord Field-boogskiettoernooi, wat op 17 en 18 Mei by die YAKOL Adventure Camp in Nylstroom plaasgevind het.
In die JMBU-afdeling het Nathan Swanepoel ’n puik tweede plek behaal met tellings van 513 NQ en 520 NQ, wat ’n indrukwekkende totaal van 1033 opgelewer het. Sy prestasie verseker hom twee nasionale kwalifiserende tellings.
Die YAMBU-afdeling het Plasie-dominansie getoon met Henk Meyer wat die eerste plek beklee het met tellings van 527 NQ en 525 NQ (totaal: 1052), en daarmee ook twee nasionale kwalifiserende prestasies behaal het. Tommie Strydom het tweede geëindig met tellings van 409 en 400, vir ’n totaal van 809. Christiaan Loots, wat aanvanklik sterk begin het met ’n telling van 495 op dag een, moes ongelukkig onttrek weens siekte en kon nie aan die tweede dag deelneem nie.
Die Plasies sien nou uit na hul volgende uitdaging: die 3D-toernooi by Mopani Club in Phalaborwa op 24 Mei 2025.
2-3 Februarie 2025
Triple Crown Been 1
16 Maart 2025
SANIFAA 3D
7-8 Februarie 2025
Limpopo-Noord Binnenshuis
21-23 Maart 2025
SANIFAA Veld Nasionale Kampioenskappe
15-16 Februarie 2025
Mpumalanga Veld
12-13 April 2025
SANIFAA Wêreld Voorbereiding
1-2 Maart 2025
Limpopo-Suid Veld
3-4 Februarie 2024
ABO TRiple Crown Been 1
30 Junie 2024
SANIFAA Veld
24 Augustus 2024
Mpumalanga 3D ABO
17-18 Februarie 2024
SANIFAA Veld
Junie 2024
Henk in Amerika
7-8 September 2024
ABO Triple Crown Been 3
6 April 2024
3D Lim Kampioenskappe
26-27 Julie 2024
Interskole Kompetisie
14 September 2024
Mpumalanga Provinsiale 3D Kampioenskappe
4-5 Mei 2024
ABO Triple Crown Been 2
3 Augustus 2024
Phalaborwa ABO
21 September 2024
3D Nasionale Kampioenskap