IAN VAN HEERDEN
ivanheerden@hsmerensky.co.za
Belinda Potgieter
HOOGSPRING
Marna Pohl
VERSPRING
Anché vd Westh..
GEWIGSTOOT
Divan Potgieter
DISKUS
Stebian vd Walt
SPIESGOOI
Steven Steyn
NAELLOPE
Corlia Rheeders
HEKKIES
Ian van Heerden
400m | 800m
Marcia Scheepers
1500m | 3000m
Op 21 Januarie ‘25 het atlete en ondersteuners weer in groot getalle in die Bulkraal saamgetrek om vanjaar se huissport af te handel, nadat welkome reën die oorspronklike datum in die wiele gery het.
Veral die skiewies het pragtig gelyk in hul huishemde, en het in groot getalle aan al die items deelgeneem.
16 atlete het in totaal 23 bestaande rekords laat spat. Noemenswaardig is dat Sven Hedin (4), Leandré de Lange (2), Luné Joubert (2), Kea Kganyago (2) en Sophia van Wyk (2) elk meer as 1 rekord gebreek het!
Huis Ignis (graad 9) het met 833 punte as oorwinnaars uit die stryd getree, gevolg deur Huis Aqua (graad 8) met 776 punte. Huis Terra (graad 10) was derde met 766 punte, Huis Lux (graad 12) vierde met 763 punte, en Huis Ventus (graad 11) laaste met 681 punte.
Die topatlete van die dag was Zané Vosloo, Junior Victrix Ludorum en Sophia van Wyk, Senior Victrix Ludorum. Rithlavile Mlangeni dra die titel van Junior Victor Ludorum en Sven Hedin dié van Senior Victor Ludorum.
Die Plasie-atlete is oppad om aan die TUT Top 14-byeenkoms by Pilditch Stadium in Pretoria deel te neem. Ons sien ook met groot verwagting uit na die plaaslike Frikkie Deysel-byeenkoms wat op Vrydag 7 Februarie gaan plaasvind.
FOTO’S: Imcke van Vuuren en Nadia Last
MERENSKY ATLETIEK: WILDEKLAWER TUT TOP 14
Op 29 Januarie 2025 het Merensky se top-atlete aan die Wildeklawer TUT Curro Top 14 by die Pilditch Stadion in Pretoria deelgeneem. Met 39 skole in die B-afdeling het die Plasie-atlete sterk vertoon en 'n gemiddelde ASA-punt van 754 behaal, wat ons 'n 10de plek besorg het.
Uitsonderlike prestasies:
Arno Haasbroek het 'n nuwe rekord opgestel in die mans o19 hoogspring, met 'n sprong van 2m (810 punte).
Sophia van Wyk het 3de geëindig in die dames o19 400m hekkies, met 'n tyd van 1:08.79 (802 punte).
Sven Hedin het 4de geëindig in die seuns o16 110m hekkies, met 'n tyd van 14.40 sekondes (865 punte).
Meer uitslae:
Sven Hedin (6de, seuns o16 100m, 11.15 sek, 798 punte)
Sophia van Wyk (6de, dames o19 400m, 1:01.67, 772 punte).
Kylie van Eeden (11de, meisies o14 90m hekkies, 15.75 sek, 771 punte)
Khutso Mahasha (8ste, mans o19 hoogspring, 1.75m, 560 punte)
Ester Udeji (6de, dogters o14 gewigstoot, 9.85m, 763 punte)
Baie geluk aan ons atlete met hierdie uitstekende prestasies!
FRIKKIE DEYSEL ATLETIEKBYEENKOMS ‘N GROOT SUKSES
Die Frikkie Deysel Atletiekbyeenkoms is op Vrydag, 7 Februarie 2025, by Merensky Landbou Akademie aangebied en was 'n dag vol opwinding, indrukwekkende prestasies en rekordpogings. Agt spanne van sewe skole het deelgeneem, naamlik Hoërskole Piet Potgieter, Louis Trichardt, Pietersburg, Frans du Toit, asook Stanford Lake College, HTS Tom Naudé en natuurlik Merensky Landbou Akademie.
Vyf nuwe rekords is opgestel:
Sophia van Wyk (Merensky): Dogters 19 – 400m Hekkies – 1:07.69
Jané Buitendach (Merensky): Dogters 17 – 3000m – 10:39.94
Sven Hedin (Merensky): Seuns 16 – 400m Hekkies – 55.35
Leandré de Lange (Merensky): Dogters 16 – 100m Hekkies – 15.68
Chrizette Odendaal (Louis Trichardt): Dogters 16 – 200m – 26.82
Die atlete het sterk vertonings gelewer, met die volgende atlete wat trofeë verower het:
Junior Victrix Ludorum: Kholofelo Khanyago (Hoërskool Piet Potgieter)
Senior Victrix Ludorum: Chrizette Odendaal (Hoërskool Louis Trichardt)
Junior Victor Ludorum: Tshepo Malatji (Hoërskool Frans du Toit)
Senior Victor Ludorum: Sven Hedin (Merensky Landbou Akademie)
Die Merensky Blou-span, het as die algehele wenners van die dag uit die stryd getree.
Oudergewoonte het die mascots van die deelnemende skole gesorg vir groot vermaak toe hulle mekaar op die 100m die stryd aangesê het – 'n hoogtepunt wat die skare behoorlik aan die lag gehad het.
'n Spesiale woord van dank gaan aan PNA en NTT Isuzu, Tzaneen, vir hul ondersteuning as borge vir die dag.
#PlasieSport #PlasieAtletiek #FrikkieDeysel
FOTO’S:
Anneke le Roux
📷
Imcke van Vuuren
📷
Ankia Botha
📷
DeWalt le Roux
📷
ATLETIEK INTERHOËR BY PETER MOKABA STADION
Polokwane – Op 21 Februarie 2025 het die jaarlikse Atletiek Interhoër by die Peter Mokaba-stadion in Polokwane plaasgevind. Hierdie jaar is die byeenkoms aangebied deur Northern Academy en het van die provinsie se topskole byeengebring om mekaar op die atletiekbaan te trotseer.
Deelnemende skole was: Northern Academy Secondary, Hoërskool Pietersburg, HTS Tom Naudé, Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Louis Trichardt, Merensky Landbou Akademie, Hoërskool Eric Louw en Curro Heuwelkruin.
Een van die hoogtepunte van die dag was die optrede van die Plasie-sanggroep en -dirigente, wat die skare bekoor het met hul geesdrif en energie. Die sanggroep het algeheel derde geëindig, met Christo de Beer, bekend as "Roes," wat as die beste seunsdirigent aangewys is.
Merensky Landbou Akademie het ‘n indrukwekkende vertoning gelewer deur nege rekords te laat spat:
Sven Hedin (Seuns 16): 100m (10.72 sekondes), 110m Hekkies (13.54 sekondes) en 400m Hekkies (56.50 sekondes).
Leandré de Lange (Dogters 16): 100m Hekkies (15.18 sekondes) en Verspring (5.23m).
Sophia van Wyk (Dogters 19): 400m Hekkies (1:06.78).
Tharollo Moagie (Dogters 15): Driesprong (10.42m).
JP Botha (Seuns 17): Spiesgooi (60.37m).
Merensky Aflosspan (Seuns 16): 4x100m Aflos (45.17 sekondes).
Die Plasie-atlete het 30 goue-, 33 silwer- en 36 bronsmedaljes ontvang.
Finale Puntestand:
Hoërskool Pietersburg - 1143
Merensky Landbou Akademie - 997
Hoërskool Louis Trichardt - 890.5
HTS Tom Naudé - 757.5
Hoërskool Frans du Toit - 425.5
Northern Academy - 349.5
Curro Heuwelkruin - 325.5
Hoërskool Eric Louw - 157.5
FOTO'S
MERENSKY SKITTER BY WILDEKLAWER-ATLETIEKBYEENKOMS
Pilditch Stadion, Pretoria - 27 Februarie 2025
Die atlete van Merensky Landbou Akademie het hul merk gelaat by die Wildeklawer NWU Groep 3 & 4 Atletiekbyeenkoms, wat op 27 Februarie 2025 by die Pilditch Stadion in Pretoria plaasgevind het. As deel van Groep 4, het Merensky teen sterk skole in die land meegeding en puik prestasies behaal.
Die volgende skole het in Groep 4 deelgeneem: Bergsig Akademie, Hoërskool Dinamika, Hoërskool Driehoek, Hoërskool Linden, Merensky Landbou Akademie, Hoër Volkskool Potchefstroom, Hoërskool Rob Ferreira en Hoërskool Vorentoe.
Teen hierdie sterk teenstanders het Merensky se atlete uitgestaan met fenomenale vertonings.
Merensky het 'n indrukwekkende aantal goue medaljes verower. Die volgende atlete het op die hoogste sport van die podium gestaan:
Item 5 - Alizay le Roux (Dogters 14) – Verspring
Item 17 - Sven Hedin (Seuns 16) - 400m Hekkies
Item 19 - Sophia van Wyk (Dogters 19) - 400m Hekkies
Item 47 - Leandré de Lange (Dogters 16) - Hoogspring
Item 49 - Kea Kganyago (Dogters 17) - Verspring
Item 58 - Sven Hedin (Seuns 16) - 100m
Item 59 - Layah Peterson (Dogters 17) - 100m
Item 63 - Leila van Wyngaardt (Dogters 14) - 90m Hekkies
Item 65 - Leandré de Lange (Dogters 16) - 100m Hekkies
Item 71 - Arno Haasbroek (Seuns 19) - Hoogspring
Item 72 - Kea Kganyago (Dogters 17) - Driesprong
Item 78 - Sven Hedin (Seuns 16) - 110m Hekkies
Item 87 - Layah Peterson (Dogters 17) - 200m
Item 94 - Karabo Mahasha (Seuns 15) - Verspring
Item 111 - Leandré de Lange (Dogters 16) - Verspring
Item 115 - Ndzalama Maluleke (Seuns 15) - Hoogspring
Item 127 - Sophia van Wyk (Dogters 19) - 400m
Hierbenewens het Merensky ook 27 silwer- en 20 bronsmedaljes ingepalm.
Met hierdie uitsonderlike prestasies het Merensky se dogters 'n eersteplek behaal, en het die Plasies 'n algehele tweedeplek in Groep 4 ingeneem.
Merensky is trots op elke atleet wat deelgeneem het en sien uit na nog vele sulke suksesse in die toekoms!
FOTO’S
MERENSKY-ATLETE BY LIMSA KAMPIOENSKAPPE 2025
Die atlete van Merensky Landbou Akademie het op Saterdag, 8 Maart 2025, by die LIMSA Kampioenskappe wat by die Universiteit van Limpopo in Polokwane gehou is, ’n indrukwekkende vertoning gelewer.
Sven Hedin was een van die dag se uitblinkers, deur nie net ‘n tweede plek in die 110m Hekkies te behaal nie, maar ook ’n nuwe rekord in dié afdeling op te stel. Hy het ook in die 400m Hekkies tweede geëindig en nóg 'n rekord gebreek – ’n ongelooflike prestasie!
Leandré de Lange het gewys waarom sy een van Merensky se top-dogtersatlete is. Sy het goud verower in beide Hoogspring en Verspring, en boonop nog ’n derde plek in die 100m Hekkies ingepalm.
Kea Kganyago het ook 'n puik bydrae gelewer deur ‘n eerste plek in Driesprong te behaal, en ‘n tweede plek in Verspring.
Anita Beukes het haarself gevestig as een van die top hoogspringers deur ’n silwermedalje te verower.
In die worpe het JP Botha sy krag en tegniek ten toon gestel en sy spiesgooi gewen.
Die Merensky-atlete het ons skool se naam met trots gedra en bewys dat hulle gereed is om op enige verhoog te kompeteer. Baie geluk aan al ons atlete met hul prestasies!
MERENSKY-ATLETE VAAR SKITTEREND BY LIMA SKOLEKAMPIOENSKAPPE
Merensky Landbou Akademie se atlete het op 15 Maart 2025 deelgeneem aan die LIMA Skolekampioenskappe wat by die Universiteit van Limpopo in Polokwane gehou is. Die Plasie-atlete het indrukwekkende prestasies behaal.
Verskeie atlete het podiumplekke verower:
Sven Hedin – 1ste 110m Hekkies | 2de 400m Hekkies
Leandré de Lange – 1ste 90m Hekkies | 1ste Verspring | 2de Hoogspring
JP Botha – 1ste Spiesgooi
Arno Haasbroek – 3de Hoogspring
Phetole Rampedi – 1ste 200m | 3de 100m
Met hierdie prestasies is die spanning hoog terwyl ons wag om te sien watter atlete vir die SA Kampioenskappe sal kwalifiseer. Baie geluk aan al ons atlete!
FOTO'S
MERENSKY-ATLETE STAAN HUL MAN BY SA KAMPIOENSKAPPE
Merensky Landbou Akademie is trots op verskeie Plasie-atlete wat tydens die SA Skole-atletiekkampioenskappe, wat van 2 tot 5 April 2025 in Bloemfontein plaasgevind het, kompeteer het teen die land se beste.
Die Plasies het nie net hul deelname afgemerk nie – hulle het merkwaardige uitslae behaal en waardevolle ervaring op nasionale vlak opgedoen:
JP Botha het 'n stewige 5de plek in spiesgooi behaal.
Kea Kganyago het uitstekend presteer met ’n 4de plek in spiesgooi en 'n 10de plek in driesprong.
Leandré de Lange eindig 8ste in hoogspring en 11de in verspring.
Sven Hedin het die eindstreep in die 400m hekkies in die 7de plek oorgesteek, en was ook deel van die aflosspan wat ‘n puik 4de plek behaal het.
FOTO'S