Jeandri van Wyk
ORGANISEERDER
jvanwyk@hsmerensky.co.za
Ettienne
van Wyngaardt
AFRIGTER
🚴♂️ FIETSRYPRET BY MERENSKY LANDBOU AKADEMIE 🚴♀️
Tzaneen – 7 Mei 2025
Wat 'n opwindende dag was dit nie by Merensky Landbou Akademie toe ons splinternuwe MTB (bergfietsry) baan amptelik beproef is nie! 'n Totaal van 56 entoesiastiese jong fietsryers, van laer- tot hoërskoolleerders, het hul vaardighede op die nuwe baan getoets – en dit was ’n dag om te onthou!
Dit was ‘n eer vir die Plasies om professionele fietsryers, Jan Withaar en Alan Gordon, van die Insect Science-span te verwelkom. Hulle teenwoordigheid het ekstra opwinding aan die dag gegee en die jong ryers gemotiveer toe hulle die uitdagings van die baan met ywer en vasberadenheid aangepak het.
Skole van regoor die streek het aan die pret deelgeneem, wat vir ’n lewendige atmosfeer van sportmangees, spanwerk en pure genot gesorg het. Dit was ’n pragtige uitbeelding van gemeenskapsgees, met leerders van alle ouderdomme en agtergronde verenig deur hul liefde vir fietsry.
🎁 Pryse is aan gretige deelnemers oorhandig, maar die grootste beloning van die dag was die vreugde en trots op elke jong fietsryer se gesig.
'n Opregte dankie aan almal wat tot die sukses van hierdie geleentheid bygedra het — die leerders, onderwysers, gaste, organiseerders, en veral Alan Gordon, Jan Withaar en die hele Insect Science-span vir hul ondersteuning en entoesiasme.
Hier’s op nog vele fietsavonture op die plaas! 💙
GOOGLE PHOTOS ALBUM: https://photos.app.goo.gl/QbKinrL5jSHkzY5J9
VIERDE LIMPOPO BERGFIETSKAMPIOENSKAP BY STANFORD LAKE
Stanford Lake College – 10 Mei 2025
Merensky Landbou Akademie se bergfietsryers het op Saterdag, 10 Mei, puik vertoon tydens die Limpopo Provinsiale Kampioenskappe vir XCO (Cross-Country Olympic) en XCC (Short Track Cross-Country), aangebied by Stanford Lake College.
Die Plasie-span het met vasberadenheid en tegniese vernuf die uitdagende roetes aangedurf en in verskeie afdelings medaljes ingepalm en top-5 posisies behaal.
Hoogtepunte van die dag sluit in:
🔹 Sophia van Wyk het die skare beïndruk deur die goue dubbel te behaal in die Junior Women-afdeling. Sy is as Limpopo-kampioen gekroon in beide XCO én XCC – 'n merkwaardige prestasie.
🔹 Elrick Opperman, wat in die Youth Men-afdeling deelgeneem het, het 5de in XCC en 4de in XCO geeindig.
🔹 Wernich Steyn het in die Junior Men-afdeling sy plek in die top 5-ryers gevestig met 'n 5de plek in XCC en 'n 4de plek in XCO.
🔹 Ziante Steyn het in die Youth Women-kategorie, in beide die XCC en XCO items, ‘n 4de plek behaal.
Baie geluk aan elke Plasie-deelnemer met die uitslae – julle het die blou en goud met trots gedra!
🟦 PLASIES WYS HUL STAAL BY MIAMI MAGOEBASKLOOF BERGFIETSRY-UITDAGING
Magoebaskloof – 21 Junie 2025
Merensky Landbou Akademie se bergfietsryers het op Saterdag, 21 Junie, kragte gemeet tydens die uitdagende Miami Magoebaskloof Bergfietsry-uitdaging – ’n gewilde wedren wat deelnemers uit die hele streek lok.
Die Plasies het aan verskeie afdelings van die 35 km en 50 km roetes deelgeneem, en puik uitslae behaal:
🔹 Altus Willemse – 35 km
Sub-junior boys: 4de
Algeheel: 4de
🔹 Roald Wentzel – 35 km
Youth boys: 1ste
Algeheel: 1ste
🔹 Elrick Opperman – 50 km
Youth men: 3de
Algeheel: 9de
🔹 Joshua Robertson – 50 km
Youth men: 2de
Algeheel: 7de
🔹 Wernich Steyn – 50 km
Junior boys: 5de
Algeheel: 5de
🔹 Ziante Steyn – 50 km
Youth girls: 4de
Algeheel: 6de
🔹 Marnu Lamprecht – 35 km
Age group: 1ste
Algeheel: 5de
👏 Merensky is trots op elke deelnemer wat met toewyding en vasberadenheid hul staal gewys het op die uitdagende bergroetes van Magoebaskloof!
7 Mei 2025
Insect Science Ride-along
10 Mei 2025
XCO & XCC Lim Kampioenskappe #4
10 Februarie 2024
Limpopo XCO #1
13 April 2024
Limpopo XCO #3
11 Mei 2024
Limpopo XCO Kampioenskappe
20 Julie 2024
Limpopo Skole XCO #1
17 Augustus 2024
Limpopo Skole XCO #3
16 Februarie 2024
Mango Mania
20 April 2024
Munnik Meerkat
1 Junie 2024
Miami Magoebaskloof
3 Augustus 2024
Limpopo Skole XCO #2
21-22 September 2024
SA Skole XCO
30 Maart 2024
SA XCO #1
3-4 Mei 2024
SA XCO Kampioenskappe
17 Julie 2024
Merensky Interhuis
10 Augustus 2024
Mooketsi MTB