In 2026 vier Merensky Landbou Akademie met trots 90 jaar van uitnemendheid, tradisie en Plasie-gees. Om hierdie besondere mylpaal te vier, nooi ons alle oud-Plasies, huidige Plasies, ouers, vriende en ondersteuners uit na ons 90 Jaar Feesnaweek wat van 18 tot 20 September 2026 op ons kampus plaasvind.

Hierdie gaan 'n naweek wees waar herinneringe herleef, nuwe vriendskappe gesmee en ons trotse geskiedenis gevier word. Of jy nou jare gelede die skool verlaat het of tans deel van die Merensky-familie is, hierdie feesnaweek is vir jou!

Besoek ons kampus, ontmoet ou vriende en oud-onderwysers, geniet die gesellige atmosfeer en beleef die unieke Plasie-gees wat Merensky al vir nege dekades kenmerk. Met 'n opwindende program vol aktiwiteite, vermaak en geleenthede vir die hele gesin, beloof dit om 'n naweek te wees wat niemand wil misloop nie!

Kom vier saam. Kom kuier saam. Kom wees deel van ons storie.